VSA onttrek dalk uit Navo

Die vêr linkse media in Europa maak bewerings en stel vermoedens op dat die Amerikaanse president, Donald Trump, gaan onttrek uit die Noord Atlantiese Verdrag Organisasie (Navo).

Die feit dat president Trump kort na sy ampsaanvaarding gesê het die VSA sal onttrek uit Navo indien Europa nie bereid is om sy volle gewig in te gooi nie.

Daar bestaan nou kommer in die hoër kringe van die linkses dat die VSA sy onttrekking gaan aankondig wanneer President Trump sy Staatsrede op 5 Februarie lewer.

Dit volg nadat Jens Stoltenberg, die linkse sosialis, wat dien as Sekretaris-generaal van Navo so ’n bewering van die VSA se moontlike optrede gemaak het in ’n TV onderhoud.

Die Wit Huis het dit gerade gevind om nie eers te reageer op die onverantwoordelike uitlatings, wat ongekontroleer op TV genoem is asof die woordvoerder ’n gesaghebbende is.

Foto – Jens Stoltenberg