VSA en Afghanistan sluit vrede akkoord

’n Voorlopige raamwerk van ooreenkoms is opgestel om vrede te bereik in Afghanistan met die saamwerking van die Amerikaanse diplomate.

Onderhandelings het gevorder tot ’n ooreenkoms wat in beginsel aanvaar is tussen die regering van Afghanistan en die Taliban.

Die voorlopige akkoord word as ’n deurbraak beskou na die land in ’n oorlog gewikkel gebly het vir die afgelope 17 jaar waarin duisende mense gedood en vermink is.

In dae lange onderhandelings in Qatar, het die VSA en die Taliban ’n voorlopige ooreenkoms aangegaan wat kan dien as die vertrekpunt na ’n finale akkoord.

Die raamwerk wat opgestel is sluit ondermeer in dat die Afghaanse magte sal onttrek en die Taliban onderneem om nie met verdere terreurdade voort te gaan in Afganistan nie.

Die Taliban moet ook instem tot ’n nasionale wapen stilstand om die onderhandelings met die regering van President Ashraf Ghani voort te sit.