VSA begin troepe uit Sirië onttrek

Die eerste Amerikaanse troepe en militêre toerusting het reeds die basis in Sirië verlaat om terug te keer na die VSA soos wat President Donald Trump belowe het.

Die troepe sal egter eers in Irak bly volgens sekere waarnemers, maar militêre hoofde is steeds in gesprek met Turkye oor die beveiliging van die Koerdiese vegters in die gebied.

President Trump het besluit dat die tyd aangebreek het om die VSA troepe uit Sirië te onttrek nadat die Islamitiese Staat se terroriste in die grootste deel van die land verslaan is.

Woordvoerders van die Amerikaanse Weermag wou nie meer besonderhede vrystel oor die soort toerusting, en die aantal troepe, wat onttrek word nie.

Die vermoede bestaan dat die onttrekking so gedoen word dat die VSA voorlopig vanuit ’n basis in Irak sal moniteer of enige militêre optrede verder nodig is in dele van Sirië.