Voormalige Prasa baas steel toerusting

Die vorige waarnemende Hoof Uitvoerende Beampte van Prasa, Mthuthuzeli Swartz, is op borgtog vrygelaat hangende klagtes van bedrog, geld wassery en diefstal van meer as R1,5 miljoen .

Swartz was na bewering betrokke by die diefstal van trein toerusting in die Oos-Kaap gedurende 2013.

Hy is in April 2018 afgedank as hoof van Prasa en in  November 2018 finaal ontslaan uit Prasa se diens.

Veertien klagtes is teen hom ingebring waaronder wangedrag, misbruik van mag, viktimisasie, verkwisting van geld, botsende belange en oneerlikheid.  Borgtog van R2,000 is toegestaan en die saak sal hervat word op 27 Februarie 2019.