Venezuela wil opposisieleier elimineer

Die owerheid in Venezuela het ’n ondersoek gelas na die opposisieleier, Juan Guaido, wat verlede week homself as die president van die land verklaar het.

Volgens woordvoerders van die regering het Juan Guaido die land se grondwet oortree en staar nou vervolging in die gesig.

Die omstrede president Nicolas Maduro het beveel dat die opposisieleier nie toegelaat moet word om die land te verlaat nie, en waarnemers meen dit is ’n gulde geleentheid vir die president om van die dinamiese jongman ontslae te raak.

Die Venezuela Hooggeregshof Tribunaal van Justisie het ’n reis verbod uitgereik teen Juan Guaido en het ook sy bankrekening gevries in opdrag van die hof.

Die howe van die land, wat beheer word dur lojaliste van die diktator, president Maduro, het intussen goedgekeur dat Juan Guaido se aktiwiteite ondersoek word.

Foto – Juan Guaido