Venezuela krisis vererger

Die leë rakke in voedsel winkels, apteke sonder noodsaaklike mediese voorraad, en ’n totale ekonomiese ineenstorting weens wanbestuur, is die hoofredes vir die krisis in Venezuela.

Dit het gelei tot die radikale optrede van Juan Guaido, die leier van die amptelike opposisie, wat tydens ’n massa-optog homself as die nuwe president van die land aangekondig het.

Die optrede is klaarblyklik bedoel om die huidige president, Nicolas Maduro, te laat beweeg om ’n opvolg verkiesing te hou.

Intussen het die Amerikaanse Wit Huis verklaar dat hulle nie die Maduro-rgime erken nie, en derhalwe ook nie sy bevel sal gehoorsaam om die diplomate terug te roep na die VSA nie.

Juan Guaido, wat ook die president van die Nasionale Vergadering is, en wat deur sy party ’n meerderheid het, se optred word as gevaarlik uitdagend beskryf deur politieke ontleders.

Die omstrede president Maduro het egter gesê hy gaan nêrens heen nie en bly die verkose president van die land.

Waarnemers reken egter die president en sy regering het die uitslag van die onlangse verkiesing gemanipuleer, en daarom het die Suid-Amerikaans state besluit om nie sy regering te erken nie.