Venezuela bly gespanne en plofbaar

Twee dae nadat die jong opposisieleier, Juan Guaidó, in die openbaar verklaar het dat hy die nuwe president van die land is, het president Maduro se aansien so laag gedaal dat hy nou ’n debat wil hou met lede van die opposisieparty.

Die inisiatief vir so ’n debat kom egter van Meksiko en Uruguay wat aanbeveel het dat die president met sy opposisie se leier in gesprek moet tree.

Die twee lande se regeringshoofde beveel aan dat die gesprek gevoer word met die doel dat die opposisieleier as nuwe president aan Maduro amnestie sal verleen om in die land te bly, op voorwaarde dat hy uittree as president en nie weer polities aktief sal raak nie.

Maduro het die afgelope naweek ingestem om gesprek te voer met Guaidó, die president van die land se Nasionale Vergadering, en leier van die amptelike opposisieparty.

Hewige druk het op die diktator gekom vanoor die buiteland en kort nadat die VSA die opposisieleier erken het as die amptelike regeerder, het Maduro se kanse om te oorleef as staatshoof, ’n laagtepunt bereik.

Foto – President Maduro