Trump oor Amerikaanse “afsluiting”

President Donald Trump het die afgelope naweek belangrike aankondigings gemaak oor die grensmuur en afsluiting van die regering weens die verdeeldheid oor die wenslikheid om die muur op te rig.

Die president het ’n aanbod gemaak aan die Demokrate en gesê hy wil die “afsluiting” van die regering beëindig terwille van die 800,000 werkers wat tans tuis moet bly sonder vergoeding.

Die “afsluiting” kan beëindig word weens humanitêre redes, maar sal deel vorm van die aanbod wat aan die opposisieparty, die Demokrate gemaak word wat die Huis van Afgevaardigdes beheer met ’n meerderheid van stemme.

Die president het tot hede geëis dat die Kongres $5,7 miljard goedkeur vir di bou van die muur op die grens met Meksiko, maar die Demokrate weier om die bedrag toe te staan en dit het tot gevolg dat die “afsluiting” in werking gekom het.

Die president bied aan om die “droom immigrante” wat in die VSA is, te aanvaar in ruil vir die oprigting van die grensmuur, en meer beskerming sal verleen word aan immigrante se kinders.

Hy bied aan dat ’n drie jaar verlenging van krag word vir die Tydelike Beskerming Status vir die immigrante.

Die Demokrate het nog nie op die voorstel gereageer nie en sal waarskynlik eers gedurende die week daaroor besin.