Trump moet noodtoestand verklaar

President Donald Trump het aan die media gesê hy het die absolute reg om ’n nasionale noodtoestand af te kondig indien ’n ooreenkoms nie met die linkse Demokrate gekry word om die grensmuur op te rig nie.

Die Amerikaanse president het ’n besoek gebring aan Texas om die situasie eerstehands waar te neem by die grens met Meksiko.

Die Demokrate wat tans die meerderheid in die Huis van Afgevaardigdes is,, weier om 5,7 miljard dollar te bewillig vir die oprigting van die muur tussen Meksiko en die VSA.

Honderde onwettige immigrante kom jaarliks oor die grens na Amerika op soek na beter geleenthede, en onlangs het ’n groep van sowat 4,000 uit verskillende Suid Amerikaanse state probeer om na die VSA te kom.

In gevolge die Amerikaanse grondwet kan die president wanneer nodig, ’n nood toestand afkondig, en daarna uitgawes aangaan soos in hierdie geval, om die grensmuur op te rig.