Trump kanselleer vliegrit van Demokraat

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het die buitelandse vliegrit gekanselleer wat deur die voorsitter van die Huis van Afgevaardigdes bespreek was.

Nancy Pelosi sou ’n vliegtuig haal om die vergadering van die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland by te woon.

Die president is van oordeel dat sy nie op koste van die regering na Davos kan gaan terwyl die Demokrate verantwoordelik is vir die “afsluit” van die regering wat tot gevolg het dat die staat se werknemers nie kan aangaan met hulle werk nie en tuis moet sit met verpligte, onbetaald verlof.

Die president het die dame verwittig dat “op grond van die afsluiting hy haar moet verwittig dat sy nie na Brussel, Egipte of Afghanistan sal kan reis nie en sal die planne uitgestel moet word.

Hy het haar ook in kennis gestel dat sy met gewone vliegtuie sal moet reis, aangesien regerings vliegtuie se gebruik in die geval “onvanpas” sal wees.

Foto – Nancy Pelosi