Trump dreig Turkye oor Koerde

President Donald Trump het die afgelope naweek gewaarsku dat Turkye nie aanvalle op die Koerde in Sirië moet uitvoer nie.

Dit volg nadat die Turkse president glo gesê het die Koerde in di noorde van Sirië is terroriste en mot geëlimineer word.

Die Amerikaanse president het in die waarskuwing gemaan dat aanvalle op die Koerde sal meebring dat die VSA ekonomiese maatreëls sal instel wat Turkye ernstig sal benadeel.

Turkye wil klaarblyklik die Koerde aanval na die Amerikaanse troepe uit die noorde van Sirië onttrek is.

Hy sê Turkye sal swaar gestraf word indien hulle enige aanval op die Koerde uitvoer wat ’n sleutel rol vervul het om die Islamitiese Staat se mag t breek in Sirië.

President Trump het ook gevra dat ’n 30 kilometer “bufferstrook” ingestel word en ’n beroep gedoen op die Koerde om onder geen omstandighede in konflik met Turkye te kom nie.