Trein met petrolbom bestook

‘n Trein is by Orient Hills naby Krugersdorp met petrol bomme bestook en geplunder. Dit het gevolg na verkiesings registrasie onrus opgevlam het waar beamptes verhinder is om die gebied te betree.

Die polisie moes ook deurloop onder die onrus makers en verskeie is in hegtenis geneem weens gewelddadige optrede.

Minstens 140 registrasie punte in die land kon nie hul deure open nie weens die gewelddadige optrede van ontevredenes.