Taiwan soek hulp teen Sjina

Taiwan’ se President Tsai Ing-Wen beskuldig die Sjinese regering van Xi Jinping dat hulle die land in verdeeldheid wil dompel.

Sy het dit gesê in reaksie op die Sjinese president, Xi Jinping, se opmerkings dat Taiwan deel van Sjina moet word en dat die land nie oorweging moet gee aan die moontlikheid om onafhanklik te word nie.

Die kommunistiese president van Sjina het dadelik daarop gereageer en gesê daar is nie sprake van om Taiwan te verdeel nie, en bygevoeg dat Sjina se militêre mag moet gereed wees om uitdagings teen te staan.

Hy sê hy het nie spesifiek na Taiwan verwys nie, maar waarnemers reken dit is alles bedekte waarskuwings teen Taiwan wat gedwing word om deel van Sjina te word.

Dit het tot gevolg dat die president van Taiwan, Tsai Ing-Wen, gevra het dat ander moondhede Taiwan moet bystaan om nie deur Sjina ingesluk te word nie.

’n Groot meerderheid van Taiwanese politici vrees die moontlikheid dat hulle deel van Sjina kan raak, maar is ook bewus van die gevaar as besluit sou word om Taiwan finaal as onafhanklike staat te verklaar.

Foto – President Tsai Ing-Wen