Swede steeds sonder verkose regering

Stockholm is in ’n doodloopstraat vasgekeer met geen politieke party wat Swede kan regeer saam met die nasionalistiese Sweedse Demokrate.

Die Sosiaal Demokrate se huidige Eerste Minister, Stefan Lofven, word nog verduur deur ander partye, maar skynbaar omdat hy onderneem het om meer na regs te beweeg.

Dit is reeds vier maande sedert die land ’n verkiesing gehou het waartydens geen party ’n volstrekte meerderheid kon behaal nie, en ook nie daarin kon

slaag om ’n koalisie regering te vorm nie.

Die ongekende toestand het daartoe gelei dat die verskillende politieke partye moes instem dat die premier, Stefan Lofven, vir ’n tweede termyn voortgaan alhoewel hy nie ’n voldoende meerderheid het nie.

Alhoewel die regerende Sosiaal Demokrate van die premier die grootste aantal stemme getrek het in die verkiesing, het die 31% steun nie aan die vereistes voldoen om ’n regering saam te stel nie.

Ander politieke partye is in ’n nog swakker posisie, en kon ook nie daarin slaag om ’n koalisie regering saam te stel nie, wat meebring dat die enigste oplossing vir die land met sy diep verdeelde politieke partye, nie ’n ander keuse hett as om die premier te duld vir nog ’n termyn.

Foto – Stefan Lofven