Swak mielie oes word verwag

Die lang droogte en hoë inset koste is die twee belangrikste redes waarom vanjaar se mielieoes gevaarlik laag gaan wees vergeleke met die vorige jaar.

Min reën in die westelike deel van die Vrystaat, en geen reën in groot dele van Wes-Transvaal het veroorsaak dat baie boere steeds huiwerig is om te plant.

Die streke se plant tyd is aan die verby gaan want vroeë ryp in April kan lei tot ernstige finansiële probleme.

Suid-Afrika het verlede jaar mielies uitgevoer in plaas daarvan om gehoor te gee aan kenners wat gewaarsku het dat 2019 ’n jaar van min reën is die saaigebiede van die land gaan wees en liefs soveel moontlik mielie voorraad opgaar.

Die kenners voorsien dat die mielie opbrengs nie meer as 60% van die normale oes grote gaan wees nie en menige boer het reeds besluit om nie die risiko te loop deur op hierdie laat stadium te begin plant nie.

Talle boere wat met groot toerusting hulle lande spuit, sê die swaar las van lenings en die koste van bespuiting is besig om die winsgrens ernstig te benadeel.