Swaar sneeu ontwrig Europa

Terwyl paaie en spoorlyne, sowel as vliegtuig aanloopbane gesluit moes word in dele van Duitsland en Oostenryk vanweë die swaar sneeu neerslae, voorspel die weerburo nog baie mee sneeu in die komende dae.\

’n Kind wat deur ’n vallende boom in die Duitse deelstaat Bavaria gedood is, is die jongste voorval van talle soortgelyke gebeure weens die geweldige sneeustorms.

In Oostenryk het minstens agt mense omgekom in die afgelope paar dae, terwyl talle in hospitale opgeneem moes word weens beserings wat opgedoen is.

Kenners reken dit is die ergste sneeu neerslae in meer as 20 jaar in Bavaria en Oostenryk, sowel as in dele van die Tsjeggiese Republiek.

Vervoer het feitlik tot stilstand gekom, want spoor, pad en lug verkeer kon vir die afgelope drie dae feitlik nie beweeg nie, en is honderde mense verhoed om hulle bestemmings te bereik.

Talle voorvalle waar motoriste in hulle voertuie moes oornag weens die onbegaanbaarheid van paaie, het voorgekom en polisie het moeite ondervind om reddingswerk t doen.