Suid-Afrika is vrot van korrupsie

Die sekretaris van die Kommissie wat ondersoek doen na Staat Kaping, ene dr. Khotso De Wee, moes op “verlof” gaan nadat dit geopper is dat hy ook omkoopgeld ontvang het van Bosasa.

Die beskuldiging is Vrydag, die derde dag van Angelo Agrizzi se getuienis voor die Kommissie gemaak.

Benewens die beskuldiging teen die sekretaris, is dit ook ’n volgende vingerwysing na watter omvang van korrupsie in Suid-Afrika voortduur.

Agrizzi het gesê hy is ingelig dat die sekretaris De Wee een van verskeie senior beamptes is by die Departement van Justisie wat omkoop geld van Bosasa gekry het.

Waarnemers sê dit blyk nou dat die land verrot is van korrupsie, en dat dit waarskynlik die punt van ’n reuse korrupsie ysberg is.

Foto – dr. Khotso De Wee