Spanning kan Brexit laat verval

Alhoewel die Verenigde Koninkryk ten gunste van uittrede uit die Europese Unie gestem het in ’n referendum, raak die moontlikhede al groter dat uittrede nie gaan plaasvind nie.

Die Britse Eerste Minister, Theresa May, se onderhandelings pakket met die EU is nie aanvaarbaar vir die Britte nie ’n sê ’n beter bedeling moet beding word.

Die EU bestuur se egter dat geen verder toegewings teenoor die Verenigde Koninkryk gemaak sal word nie, wat beteken dat die uittrede in Maart vanjaar gaan plaasvind sonder ’n vaste ooreenkoms.

Die Britse Premier het vroeër gesê ’n Geen Ooreenkoms is beter as ’n Slegte Ooreenkoms, en nou voer sy dit verder en sê geen uittrede is beter as geen ooreenkoms by uittrede.

Geen uittrede pas die Konserwatiewe Party parlementslede wat ten gunste van voortgesette lidmaatskap is, en met die uittree datum van Maart om die draai, kan dit beteken dat die Britse parlement besluit om die advies van die Europese Unie te volg, en af te sien van die besluit om uit te tree.

Die Verenigde Koninkryk en sy verskillend politieke partye is erg verdeeld oor die kwessie, en word beskou as die grootste krisis in die Britse politiek na afloop van die Tweede Wêreldoorlog.

Die Britse premier het laat gistermiddag gesê ’n kansellasie van Brexit is ’n groter waarskynlikheid as ’n geen ooreenkoms uittrede uit die Europese Unie.