Sjinese spioen in Pole vasgetrek

’n Sjinese man wat werksaam is by die tegnologiese reus Huawei is in Pole gearresteer weens beweerde spioenasie in die land.

Woordvoerders van die omstrede Huawei maatskappy het hulle probeer verontskuldig met die verskoning dat hulle bewus geraak het van die man se optrede en besig is met ’n ondersoek.

Pole se Interne Sekuriteit Agentskap het die sakeman gearresteer weens verskeie ander oortredings tesame met die vermoede dat hy spioeneer vir Sjina.

Vroeër is die hoof van Huawei se finansiële afdeling in Kanada in hegtenis geneem weens beweerde spioenasie op tegnologiese gebied.

Gesaghebbendes in Amerika beweer dat die maatskappy verbind is tot die Sjinese regering, maar Beijing het alle bewerings probeer ontken.