Sjinese geboortesyfer daal dramaties

Die Statistiek Buro in Sjina het aangekondig dat die land se geboorte syfer drasties gedaal het en dat 2018 se geboortes slegs 2 miljoen is.

Die drastiese daling word hoofsaaklik toegeskryf aan die ekonomiese krisis waarin die land verkeer, asook die bekommernis oor toestande in die land.

Te midde van die owerheid se aanmoediging dat meer kinders gebore moet word, het die syfer gedaal tot benede die aantal geboortes wat in 1948 aangeteken is in die land.

Sjina het in 2016 sy beleid verander wat bepaal het dat ’n egpaar slegs een kind mag hê, maar dit het nie bygedra tot ’n toename in geboortes nie.

Die verwagting is dat Sjina se totale bevolking teen 2029 sy hoogste piek sal bereik wanneer dit op 1,44 miljard mense te staan kom, waarna dit geleidelik gaan verminder.