Sjina ondersoek maan se donker kant

Die Sjinse het ’n suksesvolle landing op die maan se donker kant uitgevoer met hul Chang’e 4 ruimte satelliet wat Woensdag sy opwagting daar gemaak het.

Die tuig is veronderstel om inligting te versamel uit die “vêr kant” van die maan en studie gaan glo gedoen word om vas te stel hoe die maan gevorm is en ander geologiese ondersoeke sal ook gedoen word.

Dit is die eerste keer dat ’n ruimtetuig aan die agterkant van di maan land, en daarmee weggedraai is van die aarde.

Die Sjinese ruimtetuig is geprogrammeer om monsters van die oppervlakte te versamel en terug te bring na die aarde.