Sjina – het jy geweet……

Sjina se totale oppervlakte is bykans agt keer die van Suid-Afrika, en het ’n bevolking van meer as 1,4 miljard mense.

Dit is die tweede grootste land op ekonomies gebied, en is bekend daarvoor dat hy gebruik maak van spioenasie om tegnologiese inligting te bekom.

Sjina het die afgelope maand ’n suksesvolle lansering gedoen deur ’n ruimtetuig na die agterkant van die maan te stuur wat daar geland het.

Die enorme groot land wat ’n oppervlakte van 9,600 vierkante kilometer beslaan met sy baie mense is saamgestel uit meer as 90% wat die nasionale voertaal, Standaard Sjinees, besig, maar daar is vier minderheidsgroepe wat elk ’n eie taal het, en ook sowat 30 kleiner groepe wat ’n eie taal het.

Wat minder bekend is, is dat Sjina die grootste produsent van skaapvleis ter wereld is, maar dit voldoen steeds nie in die aanvraag van die land nie.

Alhoewel Beijing die hoofstad is, is Shanghai die grootste stad met miljoene inwoners, en is die lugbesoedeling in die stad dikwels vreesaanjaend.

Sjina is ’n Volksrepubliek met ’n Unitêre Marxisties-Lenin  eenparty staat wat sosialisme bedryf as kommunistiese staat.

Die Sjinese kommunisme word tans as die grootste bedreiging van Westerse moondhede beskou, en slegs sy sukkelende ekonomie veroorsaak dat die land nie graag in ’n oorlog met Westerse lande betrokke wil wees nie.