Senior militaris steun Venezuela opposisie

Jose Luis Silva, die sleutel persoon van die Venezuela militêre afdeling het sy bedanking ingehandig by die Verdedigings attaché in Amerika, en kondig aan dat hy die opposisieparty van Juan Guaido steun.

Di verandering in die Weermag van die land kan ’n bepalende invloed  uitoefen op die verloop van sake om van die dilatator, President Nicolas Maduro ontslae te raak.

Die president het gedurende die naweek gesê hy weier om gehoor te gee aan die eise van Europees lande en Amerika, of van die Suid-Amerikaanse state wat reken hy moet verkiesing hou en die politieke arena verlaat.

Intussen het die Minister van Buitelandse Sake in die VSA gese sy land bly lojaal teenoor die mense van Venezuela, en eis dat die land vry en regverdige verkiesings hou.

Waarnemers sê president Maduro maak staat op die Weermag om sy regering staande te hou, maar die eerste tekens van ’n breuk is sigbaar na die bedanking van Jose Luis Silva.

Foto – Jose Luis Silva