Saturnus se maan kry reën

’n Nuwe ontdekking deur wetenskaplikes het die wêreld aan die gons toe vasgestel is dat die maan bekend as Titan, reënval geniet in sy noordelike gebied.

Die wetenskaplikes sê die reënval by die noordpool is ’n teken dat die somerweer inbeweeg het na die noordpool.

Titan is die grootste maan wat by Saturnus wentel, en word nou met arendsoë dopgehou om meer ontdekkings te maak.

Wetenskaplikes het reds ’n geruime tyd gelede gespekuleer, en selfs beweer dat die Titan maan sterk eienskappe het om lewende wesens te huisves,

Nasa se ruimtetuig, Cassini was in ’n gunstige posisie om foto’s te neem van die reën in die noordpool gebied van Titan, en kon dit later na Nasa stuur.

Foto: Titan maan