SABC, Primedia en Ster-Kinekor

Die reeds bankrot SABC is deur die Kompetisie Tribunaal beboet met R31,8 miljoen terwyl Primedia R9,6 miljoen en Ster-Kinekor met R436,999 beboet is  weens prys- en handels vasstelling.

Die SABC moet ook gratis advertensie tyd gee vir die kleiner kwalifiserende  agentskappe ter waarde van R40 miljoen per jaar vir die volgende drie jaar.  ‘n Verdere R17 miljoen sal deur die SABC betaal word aan die Ekonomiese Ontwikkelings Fonds.

Nege media maatskappye het ook skuld erkennings gemaak waaronder DSTV Media, Caxton & CTP Publishers, Media 24, MYV Networks en Mediamark.

Dit volg na lede van die Media Credit Co-Ordinators ‘n 16,6% afslag aangebied is vir betaling van advertensie terwyl nie-lede slegs 15% ontvang het.

Verskeie meningsvormers reken dit is nog ’n faset van die geweldige korrupsie wat heers in Suid-Afrika.