Rusland waarsku teen ruimte wapen wedloop

Fie Russiese Minister van Buitelandse Sake, Sergej Lavrov, het Vrydag in die Veiligheidsraad gewaarsku dat die nuwe vuurpyl afweerstelsel van Amerika sal lei tot ’n wapen wedloop in die ruimte.

Hy sê dit hou die gevaar in van ’n hoë tegnologie wat die hervatting van “star wars” programme kan beteken soos tydens die Koue Oorlog.

President Donald Trump het kort tevore in die Pentagon gesê dat fondse beskikbaar gestel moet word om enige vuurpyl wat op die VSA gemik is, af te skiet om die VSA te beveilig.

Hy sê dit is nodig dat Amerika altyd een stap voor is op tegnologiese gebied, en daarvoor moet voldoende geld beskikbaar gestel word.

Die Russiese minister het ook gesê die planne van die Trump-regering is “konfrontering” en ’n nuwe klap na stabiliteit in die wêreld.

Foto – Minister Sergej Lavrov