Rusland kies kant vir Venezuela

Die Minister van Buitelandse Sake van Rusland het in ’n verklaring gesê sy land sal president Nicolas Maduro steun terwyl Westerse moondhede nie meer die wettig verkose regering erken nie.

Die verklaring deur Rusland kom nadat die Suid-Amerikaanse state eenparig was in hulle waarskuwing aan president Maduro dat hulle nie sy tweede termyn regering sal erken nie.

Kort daarna het die VSA bekend gemaak dat hy die opposisieleier erken as die tussentydse regeerder van die land.

Intussen het Duitsland, Spanje en Frankryk ’n ultimatum aan die Maduro regering gestel om onverwyld met geloofwaardige en regverdige verkiesings te begin of so nie sal Europese lande die opposisie leier as nuwe president erken.

Rusland het in die Veiligheidsraad van die VN gewaarsku dat enige optrede binne Venezuela ’n skending van die land se soewereiniteit is, en nie deur Rusland toegelaat sal word nie.

Foto – President Maduro