Republikeine versterk juridiese geledere

Die stryd teen sosialisme duur voort in die Amerikaanse politiek, en dit lyk of die Republikeine ’n belangrike mylpaal gaan bereik in die komende maande.

Die linkse Demokratiese Party het vir jare die meerderheid gehad van regters en daarmee sekere beleidsrigtings goedgekeur wat nou deur die trump administrasie omgekeer word.

Die Demokrate se vals optrede het gter sterk na vore gekom toe regter Brett Kavanaugh deur die president voorgestel is, en het ’n vrou uit die Demokrate se kamp skielik seksuele klagtes teen hom ingebring wat later as vals bewys is.

Intussen het die Demokrate se hoofregter, Ruth Bader Ginsburg (85) ernstig siek geword en moes ’n operasie ondergaan wens longkanker.

Die Demokrate was so seker dat Hillary Clinton die president word dat hulle gereed gestaan het om weer ’n Demokraat as regter aan te wys indien Ginsburg sou besluit om weens gesondheidsredes uit te tree.

Met President Trump as oorwinnaar, is die bordjies verhang, en sodra die ou dame besluit om uit te tree, sal die Republikein ’n nuwe regter aanwys.

Politieke ontleders wys daarop dat ’n regter lewenslank in die amp bly, en word eers vervang by afsterwe of wanneer ’n bedanking ingedien word.

Met nog ’n Republikein as regter, sal hulle vir baie jare die meerderheid vorm op die regbank van die Amerikaanse Federale Hof.

Foto – Ruth Bader Ginsburg