Rassisties word blankes benadeel

Die swartman wat getuig het dat hy gesien het hoe twee blankes ’n swart tiener van hulle bewegende bakkie afgestamp het, kan moontlik ’n probleem ondervind nadat hy erken het dat hy nie gesien het wat gebeur nie.

Die man het vroeër gesê hy het gesien hoe die blankes die swarte van die bakkie afstamp om tot sy dood te val.

Die twee blankes het in die hof die bewering ontken, maar is skuldig bevind en moes met ’n appèlsaak begin.

Nou het die swart getuie teenoor ’n pastoor erken dat hy gelieg het in die hof en nie gesien wat gebeur het nie.

Die twee blanke mans van Coligny het gesê hulle was met die swarte onderweg na die polisiestasie toe hy glo self besluit het om te probeer ontsnap deur van die bewegende bakkie te spring, wat sy dood veroorsaak het.

Foto – Die twee beskuldigdes