Ramos soek dalk ander werk

Maria Ramos het haar uittrede by Absa Bank aangekondig en spekulasie  rondom haar toekoms strek oor verskeie moontlikhede.

Die feit dat sy nou skielik as voorsanger vir Ramaphosa optree wys dalk daarop dat sy êrens ontplooi gaan word in die Reserwe Bank as ‘n senior beampte aangesien sy lank saam met Tito Mboweni gewerk het.

Haar werk is afgehandel om die eens trotse Volkskas te kry waar dit vandag is.

Daar bestaan ook die vermoede dat Ramos ’n beduidende rol kan vervul om die reserwe Bank op ’n nuwe koers te plaas.