Ramaphosa word ontbied na OB

Die president van die nuwe SA, Cyril Ramaphosa, moes na berig word, ‘n ontmoeting hê met Busisiwe Mkhwebane oor die berugte “donasies” wat Bosasa gemaak het vir sy presidensiële verkiesingsveldtog.

Ramaphosa het aanvanklik aan die parlement verklaar dat R500,000 aan sy seun betaal is vir ‘n besigheids transaksie.

Hy het later ‘n 180 grade omkeer gemaak en gesê dat hy verneem het dat die donasie vir sy 2017 se verkiesingsveldtog gemaak is.

Omgewings Minister Nomvula Mokonyane het volgens Agrizzi ‘n maandelikse betaling van R50,000 ontvang vir beskerming terwyl Dudu Myeni van SAL R300,000 ontvang het namens die sogenaamde Jacob Zuma Stigting, waarvan sy die voorsitter was.

Intussen het die president se kantoor verklaar dat die geld terug betaal is en dat hy nie bewus was van die transaksie nie.

Waarnemers wys daarop dat dit nou drie potensiële leuens is wat oor die R500,000 gemaak is wat in Ramaphosa se rekening inbetaal is.

Foto – Die president