Ramaphosa se redes is te min

Finansiële deskundiges en ekonome het kritiek uitgespreek oor die ANC president, Cyril Ramaphosa se tien redes waarom beleggers in Suid-Afrika moet belê.

Alhoewel die president se redes nie almal voldoende redes is vir buitelanders om hulle in die land te vestig nie, is daar ook die teenkant van die munt.

Die kenners sê daar is meer as tien redes waarom beleggers nie in Suid-Afrika moet belê ni, en ook nie sal investeer solank die redes nie uit die weg geruim is nie.

Hulle reken dat Ramaphosa eers moet bewys dat korrupsie die nek ingeslaan is, dat misdaad dramaties afgeneem het, die grondgryp gulsigheid laat vaar is en die verskillende staatsbeheerde entiteite soos Eskom, Denel, Spoornet, SABC, SA Lugdiens en talle ander uit hulle finansiële verknorsing is voor enige kanse gewaag kan word om geld in SA te waag.