Ramaphosa se Bosasa geld

Die opmerkings en verskonings wat die ANC se president, Cyril Ramaphosa in die parlement gemaak het oor waar die R500,000 vandaan kom wat op sy rekening inbetaal was, het wenkbroue laat lig.

Hy het in die parlement geantwoord op ’n vraag in die verband en dit gesystap dat sy seun met die geld gewerk het en dat dit onverwyld terugbetaal sou word aan Bosasa.

Gister het die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane wat vroeër deur Jacob Zuma in die pos aangestel is, Ramaphosa onder kruisverhoor geneem oor wat nou die werklike storie is met die halfmiljoen Rand wat eers ’n donasie was.

Die president het twee verskillende stories oor die geld gehad, en met ’n rekord van leuens in die buiteland oor plaasmoorde, bestaan daar nou twyfel oor watter verhaal die waarheid bevat.

Politieke ontleders reken die moontlikheid is nie uitgesluit dat Ramaphosa ook op die betaalstaat van Bosasa was nie, en dat dit nou vinnig “reggestel” is om verleenthede te spaar.

Foto – Openbare Beskermer Busisiwe Mkhwebane