President Macron wil nasionale debat hou

President Emmanuel Macron van Frankryk het in ’n brief gesê die burgers van die land moet hulle “woede omkeer na oplossings” na aanleiding van die weke lange verset optogte van die Geel Hemde.

Die sterkste opposisie in Frankryk se leier, Marine Le Pen, het in reaksie daarop gesê die president se blindheid het die optrede van die Geel Hemde tot gevolg gehad.

Macron het in sy brief aan die Franse volk gevra dat hulle hul mening moet gee oor die regering se beleid met die hou van ’n “nasionale debat”.

Die linkse sosialistiese president sê hy is van plan om die woede by kiesers om t keer na oplossings, maar politieke ontleders reken die president se tyd loop uit as regeerder van Frankryk, en beskou die huidige “debat” slegs as ’n poging om die verset van die Geel Hemde te beëindig.

Macron se ongewildheid het sodanig toegeneem dat die nasionalisties Marine Le Pen se party nou meer steun geniet as die regerende party van die president.