Poolse burgemeester sterf na mes aanval

Pawel Adamowicz is as die nuwe burgemeester van die Poolse stad Gdansk ingehuldig, en is kort daarna deur ’n aanvaller met ’n mes gesteek.

Die 53-jarige burgemeester het beswyk van die beserings wat hy opgedoen het deur ’n aanval van ’n 27-jarige man.

Agt dokters was voltyds by hom in ’n poging om hom te red, en selfs die vyf uur lange noodoperasie kon hom nie aan die lewe hou nie.

Die aanvaller, wat ook ’n bank rower is, was kort tevore vrygelaat uit aanhouding, en het sy verrassingsaanval tydens ’n byeenkoms uitgevoer waar liefdadigheid vir siek kinders gehou is.

Die skurk het na die aanval die mikrofoon gegryp en sy wrede daad geprys en gesê hy was onskuldig in die tronk, en wil nou hom wreek vir die onrag wat hom aangedoen is.

’n Tegniese assistent het die moordenaar oorval waarna die polisie hom verwyder het van die toneel, en die hele liefdadigheids geleentheid is afgelas.

Foto – Pawel Adamowicz