Plakkaat los Britte met rooi gesigte

Die spook van Brexit wil maar nie tot rus kom in Brittanje nie, en kiesers maak nou hulle eie uitsprake oor die verloop van die proses wat tot hede gevolg is om lidmaatskap van die Europese Unie te beëindig.

Een so ’n geval is ’n plakkaat wat iewers opgesit is wat lui: Verenigde Koninkryk word gelei deur ape.

Die Britse Eerste Minister, Theresa May het wel die Mosie van Wantroue oorleef, maar die verdeeldheid oor die pad vorentoe met Brexit, bly onveranderd.

Die premier se volgende krisis sal Maandag wees wanneer sy met alternatiewe moontlikhede oor Brexit aan die parlement moet voorlê.