Oud veldtogbestuurder van Trump in aanhouding

Die voormalige hoof van President Trump se verkiesingsveldtog is gearresteer weens sy leuens oor die Russiese betrokkenheid in die verkiesing.

’n Woordvoerder van die ondersoekers sê hy het hom skuldig gemaak aan valse bewerings oor die sogenaamde “Organisasie 1”.

Die FBI het Roger Stone, wat ’n politieke vriend van die Amerikaanse president is, Vrydag in hegtenis geneem op aanklag van ondermeer dwarsboming van die ondersoekers in hulle taak.

Die hoof van die ondersoekspan, en voormalige FBI direkteur, Robert Mueller, wat ook ’n aanhanger is van die linkse Demokrate, is egter onder verdenking dat hy die ondersoek misbruik om die president te benadeel.

Stone het later in ’n media onderhoud gesê die Mueller ondersoeker se flou redes om hom te arresteer, het ’n oorlog ontketen wat nou sal begin.

Foto – Roger Stone