Ons juffrou is terug!

Die kinders van die Laerskool Schweizer-Reneke, het Vrydagoggend laggend haar opwagting gemaak by die skool waar leerlinge juigend op haar koms gewag het.

Dit volg na die Arbeidshof in Johannesburg Donderdag bevind het dat Elana Barkhuizen onregmatig uit haar pos ontslaan is en dat sy onverwyld terug mag keer na haar werk.

Elana, wat ’n uiters bekwame en geliefde onderwyseres van die skool is, en deur die inwoners van die dorp hoog geag word vir haar onberispelike optrede, is onregmatig deur die LUR van haar pos ontslaan.

Die optrede het haar geweldig ontstel, en ouers het hulle kinders uit die skool geneem uit verset teen die onbillike behandeling wat sy gekry het.

Regter Bill Prinsloo het Donderdag bevind dat die onderwyseres Vrydag mag terugkeer na die skool en gesê die optrede van die ANC se LUR was onwettig en buite verband.

Foto – Elana Barkhuizen