Ondersoeke toon R9 miljoen verlies

‘n Ondersoek deur Johannesburg Stadsraad by Four Ways het aan die lig gebring dat die Raad bykans R9 miljoen aan inkomste verloor het weens onwettige elektriese verbindings.

Geboue se water en riool aansluitings is sedert 2105 nie geregistreer nie.   Dit blyk die punt van die “ysberg” te wees aangesien die ondersoek slegs in een voorstad gedoen is.

Na verneem word, is nuwe geboue opgerig sonder munisipale goedkeuring, en bestaan daar vrae oor hoe en deur wie die riool en water aansluitings gedoen is.