Nuwe president, maar ou beloftes

Eers was dit Mandela, toe Mbeki, toe Zuma, en nou Ramaphosa wat almal dieselfde spul beloftes aan swart kiesers maak met die verwagting dat hulle maar weer die party sal steun in die komende verkiesing.

Almal doen dit eenders. Ramaphosa belowe baie nuwe werksgeleenthede, hy gaan korrupsie beveg en uitroei, en sterk optrede teen misdadigers.

Kiesers wat op hoogte van sake is, sê dit is maar weer dieselfde as wat al sy voorgangers belowe het, en waarvan daar niks gekom het nie, behalwe dat die teenoorgestelde gebeur.

Korrupsie is steeds aan die orde, al minder werksgeleenthede is beskikbaar weens die vrot ekonomiese toestande en die misdadigers beleef Suid-Afrika as ’n misdaad Paradys.

Dit is merkwaardig dat nie een van die ANC se presidente op enige stadium kon sê hoe hulle die beloftes gaan vervul nie, en dit verklaar waarom dit tot niks konkreet lei nie, word gesê.

Foto – Die President