Nuwe onderwysers benodig polisie klaring

Die SA Raad vir Opvoeders het aangekondig dat alle voornemende onderwysers ‘n polisieklaring sertifikaat moet inhandig alvorens hulle aangestel kan word.

Seksuele oortredings, moord en roof oortredings sal ‘n persoon verhoed om onderwys te gee.

Die vraag ontstaan wat van persone wat aan diefstal- huisbraak- of gesinsgeweld skuldig bevind is?

Is hulle geskik om met die opvoeding van kinders vertrou te word, is van die vrae wat nou gevra word.

Huidige onderwysers word nie geraak deur die besluit nie, wat daarop dui dat die stelsel weereens gaan misluk, is die mening van opvoeders en deskundiges.