Nuusflitse

Nogmaals brande

‘n Brand het op die laer heuwels van Leeukop in Kaapstad uitgebreek  terwyl brandbestryders steeds besig is om ‘n brand naby Grabouw te beveg. Die N2 tussen Peregrine en Houwhoek moes sluit weens die digte rook.

Inbreker geskok

‘n Vermeende kabeldief het nie rekening gehou met die elektrisiteits lading by ‘n substasie nie.  Hy is dood geskok terwyl hy gepoog het om kabels af te sny.  Die substasie is naby Steeledale in die suide van Johannesburg.

Dreigende bus staking

Metrobus in Johannesburg is in kennis gestel van ‘n staking van werkers deur een van die vakverbonde.  Die staking sal glo op Maandag 28 Januarie 2019 begin maar geen besonderhede oor die redes vir die staking is bekend nie.