Nuusflitse

Transnet verhaal koste

Transnet is besig om geld te verhaal wat “verlore” geraak het deur skaduagtige  en misdadige transaksies.  Volgens Popo Molefe van Transnet,  is bykans die helfte van die R1,3 miljard verhaal en hul is besig met regsaksies teen vorige senior beamptes soos Siyabonga Gama en Brian Molefe.

Nog ‘n brand in die Wes-Kaap

Nog ‘n brand het uitgebreek in die Wes-Kaap. Hierdie keer in die Bot Rivier/Houw Hoek Pas omgewing.  Brandbestryders is op die toneel en die N2 is tans nog oop vir verkeer.

Wits se registrasie komplot

‘n Administratiewe beampte van Witwatersrand Universiteit en ‘n student is gearresteer deur die Valke na berigte van studente wat geregistreer is wat nie aan die vereistes voldoen nie.