Nuusflitse

Slfoon, dwelms, geld en bier in tronk

Die Owerhede het tydens ‘n  klopjag op die Westville gevangenis beslag gelê op selfone, dwelms, geld asook tradisionele bier. Die vraag bly steeds wie die goedere verskaf aan die misdadigers.

Vrystaatse man dood sy eie ma

‘n 32-jarige Vrystater is in hegtenis geneem na hy sy 65-jarige ma na bewering met ‘n mes dood gesteek het. Ernst Menong sal die week in die hof in ThabaNchu verskyn op aanklag van moord.

Dronk polisieman beseer fietsryers

Twee fietsryers van Klerksdorp is ernstig beseer toe ‘n polisieman wat van diens was in ‘n “beskonke” toestand in hul vasgery het.  Hy sal in die Klerksdorp hof verskyn op aanklagte van dronk- en roekelose bestuur.