Noorweë versterk konserwatiewe regering

Die Eerste Minister van Noorweë, Erna Solberg, het na verskille met koalisie vennote gedurig met ’n minderheidsregering gesit.

Nou het die Konserwatiewe Party en die leiers van die Christen Demokrate ’n ooreenkoms bereik wat kan lei tot aansienlike veranderings in die politiek van die land.

Dit is veral die kwessie oor die omstrede aborsie wette wat aandag sal kry nadat die Christen Demokrate geëis het dat die aangeleentheid voorrang moet geniet.

Die Eerste Minister Erna Solberg se Konserwatiewe Party het met die ooreenkoms ’n nuwe tyd ingelui en waarnemers sê die land sal voortaan ’n meer stabiele politieke tydperk betree.

Met die verandering kry Noorweë sy eerste anti-sosialistiese regering in 30 jaar en word die geskiedkundige gebeurtenis beskou as ’n ruse durbraak vir die konserwatiewes in die land.

Foto – Premier Erna Solberg