Nog skokke kan SA tref

’n Aantal jare gelede het verskeie hoë profiel lede van die ANC hulle skuldig gemaak aan korrupsie met die veel besproke wapenskandaal waarin miljoene Rand betrokke was.

Later het die vrae ontstaan oor die groot projekte met aankoop van treine, wat tot hede nie finaliteit bereik het nie.

Daarna het die korrupsie voorvalle mekaar opgevolg asof dit die “in ding” geword het om Suid-Afrika te vernietig.

Enkele weke gelede het die getuienis van een voormalige hoof van Bosasa die land geruk, maar nog is dit nie die einde nie.

Die jongste bedrog en korrupsie in die sogenaamde “land hervorming” het meer mense laat besef dat di land nie net roekeloos bestuur word nie, maar ook op ongekende skaal besteel word deur ’n klomp skelms wat slegs hulle eie belange najaag.

Met die jongste skok waarvan min besonderhede bekend is, sal die Ramaphosa regering moet besef dat hy sal moet begin dink daaraan om eerlik te word.

Die gelieg in die buiteland, die binnelandse diefstal, korrupsie en bedrog is genoeg om enige wetsgehoorsame burger tot raserny te dryf.

Gert Pretorius