Nog Bosasa korrupsie oopgevlek

Die korrupsie gevalle in Bosasa het oënskynlik geen einde nie, en nou het die hoof van Armaments Corporation of South Africa (Armscor) ook in die skyf gekom.

Kevin Wakeford is sedert gister met spesiale verlof weens die aanklag teen hom, en Armscor se Raad van Direkteure sê dit word gedoen om homself voor t berei om te getuig voor die kommissie.

Die man wat al die beweerde korrupsie voorvalle bekend maak voor die Kommissie, Angelo Agrizzi, het die afgelope paar dae die een opspraakwekkende geval na die ander blootgelê oor hoe Bosasa mense omgekoop het.

Bosasa, wat intussen ’n naamsverandering na African Global Corporations ondergaan het, word allerwee beskou as ’n instansie wat weens sy werkmetodes in omkopery, onverwyld gelikwideer te word.

Die staatsinstelling Armscor, is ’n afdeling van die Departement van Verdediging wat nou in die kalklig kom oor moontlike korrupsie, wat die entiteit in dieselfde kategorie van wanbestuur plaas as die talle ander waarvan sommige huiwer op die rand van bankrotskap.