NKP spreek sy kommer uit oor liegery

Die Nasionale Konserwatiewe Party (NKP) het met uiterste verontwaardiging kennis geneem dat die getuienis van die enigste beweerde ooggetuie van die staat in die Coligny moordsaak, Bonakele Pakisi, waarskynlik opsetlik vals was.

Volgens die voorbladberig van Rapport op Sondag 20 Januarie 2019 het Pakisi na bewering aan ń predikant en prokureur erken dat hy vir die hof gelieg het om die twee blanke beskuldigdes vals te inkrimineer.

Die NKP dring aan dat die nodige regsprosesse dringend aangewend moet word om hierdie skokkende openbaring te ondersoek en te sorg dat die twee veroordeelde jong blanke boere so spoedig moontlik vrygelaat word, wanneer hierdie proses plaasvind. Indien die bewerings teen Pakisi waar bevind word, behoort die twee blanke boere onskuldig bevind te word en Pakisi vervolg te word.