Netcare beoog personeel afleggings

Die hospitaal groep, Netcare, is in beplanning om meer as 500 werknemers af te lê in ’n poging om die uitgawes te beperk weens die ekonomiese insinking.

Ramasela Mokonyama van Netcare het bevestig dat afleggings gedoen gaan word en dat kennisgewings reds aan personeel gestuur is ter inligting van die beoogde optrede.

Personeel wat met pasiënte verpleging te doen het, word nie geraak nie, maar aflegging isl meer gerig op ander sektore van die bedryf.

Die afleggings kom as ’n skok, maar ekonomiese deskundiges sê meer instansies sal gedurende die jaar soortgelyke maatreëls moet tref weens die resessie waarin die land verkeer.

Netcare sal glo 516 personeel aflê van sy totale personeel van sowat 20,000, het ’n woordvoerder later gesê.