Nasionaliste oorheers Spaanse deelstaat

Die nasionalistiese Vox Party het ingestem tot ondersteuning van die konserwatiewe koalisie in een van Spanje se mees konserwatiewe deelstate.

Die besluit word as van uiterste belang beskou aangesien dit ’n meerderheid vorm teen die Sosialiste.

Die Spaanse deelstaat Andalusia daarmee ontslae geraak van die sosialistiese regeerders en ’n sterk koalisie regering word saamgestel uit konserwatiewes en nasionaliste.

Die behoudende koalisie is sterk gekant teen die huidige tendens in Spanje waar die Sosialistiese minderheidsregering die onwettige immigrante met ope arms ontvang.

Vox het die linkse partye verras toe hy in verlede maand se verkiesing 12 setels verower het, en daarmee ’n begin gemaak om ’n ommekeer in die Spaanse politiek gebring.

Met die samewerking is daar ’n einde gemaak aan die deelstaat se sosialistiese regering wat die afgelope 36 jaar regeer het.

Juanma Moreno is aangewys as die nuwe leier in die deelstaat, en sal die stryd teen die inbring van onwettige immigrante veel beter kan voer, en gaan ook fokus op die uitskakeling van korrupsie.

Foto – Juanma Moreno